Friday, September 10, 2010

Gardner se 9 leerstyle

Gardner se definisie van Intelligensie



Volgens Gardner is intelligensie baie meer as die enkele, logies-wiskundige prosessering van feite wat in die IK-intelligensie toets geassesseer word. (Van Heerden, 2009:19) Gardner definieer intelligensie as die menslike vermoë om probleme op te los of om iets te maak wat waarde het in een of meer kulture. So lank daar ‘n kultuur is wat waarde heg aan ‘n jou vermoë om ‘n probleem op te los of aan jou produk wat jy gemaak het, sien Gardner daardie vermoë as ‘n intelligensie. (Checkley, 1997)


Gardner het ‘n kriterium vasgestel om ‘n intelligensie te definieer, naamlik:


 Is daar ‘n spesifieke voorstelling in die brein vir hierdie vermoë?


 Is daar populasies wat uitsonderlik goed of uitsonderlik sleg is in hierdie intelligensie?


 Kan daar evolusionêre geskiedenis van hierdie intelligensie gesien word in diere of ander mense? (Guignon, 1998)


Intelligensie kan nie vasgevang word in ‘n enkele IK-getal nie, dis ‘n mosaïek van vermoëns wat in verskillende dele van die brein geleë is. (Van Heerden, 2009:19)


Eers het Gardner sewe leerstyle (intelligences) gedefinieer in die vroeë 1980’s, maar na ‘n jaar het hy sy werk hersien en hy het nog ‘n vermoë gevind wat hy as ‘n leerstyl gedefinieer het. Hy twyfel nog oor ‘n negende leerstyl. (Checkley, 1997)






Wat is die nege leerstyle (Multiple intelligences)?


Gardner glo dat alle mens oor al die leerstyle beskik, net die sterkte van elke leerstyl verskil van persoon tot persoon.


 Linguistiese leerstyl


Linguistiese leerstyl wys op die leerder se vermoë om sy/haar huistaal of ‘n ander taal, te gebruik, om hom/haar uit te druk en verstaanbaar te maak vir ander mense. (Brewer, 2007) Die leerder is gevoelig vir die betekenis, klanke ritme, toon en die orde van woorde. (Guignon, 1998) Dit sluit die vermoë om taal effektief, mondelings sowel as skriftelik, te gebruik. (Van Heerder, 2009:21)






 Logies-wiskundige leerstyl


Mense met Logies-Wiskundige intelligensie toon begrip vir die onderliggende beginsels van verskillende sisteme, en kan getalle, hoeveelhede en bewerkings manipuleer. (Checkley, 1997) Dis dus die vermoë om met getalle te werk, probleme op te los en logies te redeneer. (Van Heerden, 2009:21)






 Ruimtelike leerstyl


Die Ruimtelike leerstyl verwys na die vermoë om die visuele wêreld intern in jou brein te visualiseer. (Checkley, 1997) Mense wat oor Ruimtelike (ook genoem Visueel-Ruimtelike) intelligensie beskik kan die visuele wêreld noukeurig waarneem, kan veranderings en aanpassing uitvoer en is in staat om konsepte te herskep, in beide die brein of op papier.(Guignon,1998)






 Musikaal-Ruimtelike leerstyl


Die Musikaal-Ritmiese leerstyl omskryf die vermoë om musiek te geniet, weer te gee, musikale patrone te herken, onthou en manipuleer, liedjies komponeer, sing en musiekinstrumente te speel. (Van Heerden, 2009: 21) Dis die kapasiteit om in terme van musiek te dink en dit te verstaan. (Brewer, 2007: 11)






 Liggaamlik-kinestetiese leerstyl.


Liggaamlik-Kinetiese leerstyl is ‘n persoon se kapasiteit om die hele liggaam of net dele van die liggaam te gebruik om probleme op te los, om iets te maak of om ‘n produksie te maak. (Checkley, 1997) Dit sluit ook die vermoë om jou liggaam te gebruik om te kontroleer en daardeur betekenis te gee in. (Van Heerden, 2009: 21)






 Intrapersoonlike leerstyl


Intrapersoonlike leerstyl het betrekking tot ‘n mens wat homself verstaan, op sy eie kan werk, eie innerlike gevoelens kan assesseer, sterkpunte en beperkings ken en oorleggend met sy selfkennis kan optree. (Van Heerden, 2009:21) Iemand wat homself verstaan, weet wie hy is, wat hy kan doen, wat hy wil doen, hoe hy reageer tot dinge en weet watter dinge om te vermy en watter om aan te gryp. (Brewer, 2007:11)






 Interpersoonlike leerstyl


Interpersoonlike leerstyl is ‘n persoon se kapasiteit om ander mense te verstaan. (Brewer, 2007:11) Deur ander mense te verstaan kan jy saam met hulle werk, hulle verbale en nieverbale gedrag korrek interpreteer en hanteer, en sensitiwiteit toon aan hulle buie, karakters en gevoelens. Dus om ander te verstaan beteken dat mens met ander mense klaar kan kom. Die waarde van hierdie leerstyl, is dat ‘n persoon vanuit ‘n ander persoon se perspektief kan sien, verhoudinge stand gehou word en kommunikasie vind plaas. (Van Heerden, 2009:21)






 Naturalistiese leerstyl


Die naturalistiese leerstyl was een van die latere leerstyle wat toegevoeg is, na Gardner sy leerstyle hersien het. Dit omvat die mense se vermoë om lewendige dinge en patrone in die natuur (soos plante, diere, mense, ens) raak te sien en herken, onderskeid tussen dit te tref, dit klassifiseer en sensitief te wees vir die natuurlike wêreld. Wat daarby aansluit is die mensgemaakte produkte soos motors, skoene, ens. Hy verduidelik hierdie teorie as die mens se vermoë om te oorleef, soos bv. die kennis om te weet watter dier om te jag en van watter diere om van weg te hardloop. Hierdie intelligensie kom nie net by mense voor nie maar ook by diere, omdat hulle moet oorleef. Hierdie vermoë kan as ‘n ware intelligensie omskryf word, omdat daar bewyse in die brein gevind is wat toegewy is aan die herkenning en benaming van natuurlike voorwerpe..(Checkley,1997)






 Eksistensialisties


Die Eksistensialistiese leerstyl is die onlangste leerstyl wat deur Gardner voorgestel is. Hy is nog aan die twyfel of dit werklik in leerstyl is, omdat hy nog nie goeie bewyse van hierdie leerstyl in die senuweestelsel gevind het nie - wat een van die kriteriums is vir intelligensie. (Checkley,1997) Die Eksistensialistiese leerstyl omvat die fundamentele vrae oor die lewe soos “Wie is die mens?”, “Waar kom die mens en die hele skepping vandaan?”, “Waarom gaan die mens dood?”, “Wat gebeur met die mens as hy sterf?” Hierdie fundamentele vrae is onderliggend vir religie, wetenskap, kuns en psigologie. (Brewer, 2007:12)






Hierdie leerstyle is aan mekaar verbind maar werk ook onafhanklik van mekaar, en dis belangrik om te weet dat hierdie intelligensie nie staties of voorafbepaald by geboorte is nie. Net soos spiere ontwikkel as dit genoeg voeding en oefening kry, so kan ‘n leerstyl ontwikkel as die persoon in ‘n gunstige en stimulerende omgewing verkeer. (Van Heerden, 2009: 19)

Bibliografie






Boeke:

Brewer, J.A. 2007. Early Childhood Education: Preschool through Primary Grades. USA: Pearson Education, Inc.



Van Heerden, J. 2009. Die Leerarea Tegnologie in die Grondslagfase: Teoretiese en Praktiese Idees. RSA: Crink



Internetbronne



Checkley, K. 1997. The Firth Seven... And the Eight: A Conversation with Howard Gardner. http://ww.casenex.com/casent/pages/virtualLibrary/Readongs/ASCD/e/199709_checkleyASCD.pdf besoek op 10/08/2010



Combrinck, M.H.A. 2003. Teoretiese Besinning oor die Invloed van Kultuur op Leerders se Intelligensie-, Leerstyl- en Kommunikasie-ontwikkeling: Implikasies vir Assessering. http://ajol.info/index/php/saje/article/viewFile/24957/20642 besoek op 10/08/2010



Guignon, A. 1998.Multiple Intelligences: A Theory for Everyone. http://www.itari/categories/multipleintelligences/ApplyingM/inShools.pdf besoek op 10/08/2010



Van den berg, G. 2004. Die Geleenthede wat Uitkomsgebaseerde Taalhandboeke bied vir die Ontwikkeling van die Leerders se Meervoudige Intelligensies. http://uir.unisa.ac.za/dspace/handle/10500/1158 besoek op 10/08/2010